
LANDBOUKUNDIGE HOMMELTUIGDIENSTE

STROOIING
Die strooi van alle landboukundige droë stowwe tot 5 mm in deursnee.

BESPUITING
Die spuit van alle landboukundige vloeistofmengsels.

SAAI
Die saai van alle grassoorte en dekgewasse.
Ons
Is gelisensieer en gesertifiseer met die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) en die Departement van Landbou.
Bedryf ons operasies kragtens ’n Lugdienstelisensie.
Is derdepartyversekerd (Openbare aanspreeklikheid) vir
R5 000 000 per span.
Is werkgewers van gelisensieerde vlieëniers wat ervare en opgelei is in die korrekte mengverhoudings en toedieningskoerse van chemikalieë.
Ons onderneem ons eie basies hommeltuiginstandhouding met ’n interne gekwalifiseerde afstandsonderhoudtegnikus.
Ons dienste

Gewasse en boorde
Ons bied agrihommeldienste vir alle soorte rygewasse, dekgewasse en boorde.

Bosbou
Ervare in alle bosboubespuitingstoepassings, insluitend oor volgroeide bome.

Plantegroeibestuur
Ervare in bespuiting (onkruiddoders) en strooiing (korrels) vir die bestuur van alle indringer- en oorskrydingspesies.
Voordele
Ons gebruik spesiaal ontwerpte dubbeltenkmasjiene met die nuutste toerusting vir doeltreffendheid en maksimum dekking.
Koste-effektiewe tariewe.
Toegewyde gebiedsgebaseerde beskikbaarheid.
Presisietoediening verlaag insette en plaagdoder-maksimumresvlakke.
Geen gewasbeskadiging of grondverdigting nie, met gevolglike hoër opbrengste.
Maksimale gewasindringing met behulp van DJI-tegnologie.
Alle-terrein-vermoë.
Geen siekteoordrag binne gewasse nie.
Dag- en nag-operasies.
Na gelang van toestande kan ’n span ongeveer 200 hektaar per dag dek.
Meer ekovriendelik vanweë minder chemiese afloping.
Dataverslae word voorsien met hektare gevlieg, volumes toegedien, vliegbane, duur, ens., alles op ’n lugfotobeeld oorlê en uit DJI Smart Farm onttrek.
Vermy gewasvernieling en verdigting!
- In die verlede was gewasverliese weens vernieling deur balkspuite en hoë masjiene op wiele ’n aanvaarde norm en standaardlandboupraktyk. Maar nou is daar ‘n alternatief met Air Agri Hommeldienste.
- Hou jou geld in die bank en vermy ook die bedryfskostes, wat in sigself reeds vir die hektaarkoste van ons hommeldienste sal betaal.
- Jy mag dalk wel ’n opbrengsvoordeel van 10% tot 15% kan behaal deur ’n swamdoder toe te dien, maar dit dan net weer weens wielvernieling en verdigting en verwante insetkostes verloor.
- Bewysgebaseerde navorsing het getoon dat die gebruik van agrihommeldienste jou oesopbrengs met 8% tot 18% kan verhoog.
En DIT is SLIMBOERDERY!
Ons dienste
Gewasse en boorde
Ons bied agrihommeldienste vir alle soorte ry- en dekgewasse.
Presisie-sirkelbespuiting van boordbome om misblasers te komplementeer.
Presisie-blaarakkurate spuit van alle vloeistowwe, soos onkruiddoders, plaagdoders, swamdoders, bakteriedoders, blaarvoedingstowwe, rypmaakmiddels, ens.
Presisiestrooiing van enige droë stowwe tot 5 mm-deursnee, soos bemestingstowwe, ureum, korrelgifstowwe, aasmiddels, voordelige mikroörganismes, sade, ens.
Bosbou
Ons toerusting, hommels en spanne is volgens die strengste standaarde deur ‘n top bosboumaatskappy goedgekeur en gesertifiseer.
Ervare in alle bosboubespuitingstoepassings, insluitend oor volgroeide bome.
Vertroud met houtteelt-/bosboukultuurprosesse en -veiligheidsprotokolle.
Plantegroeibestuur
Ervare in spuit (onkruiddoders) en strooiing (korrels) vir die plantegroeibestuur van alle indringer- en oorskrydingspesies.
In samewerking met ons geassosieerde besighede kan jy geadviseer word deur deskundige leiers in ons bedryf en voorsien word van ’n meerjarige veldbestuursplan vir grondherwinning, -rehabilitasie en -hersteldoeleindes.
In die herstelfases van jou veldbestuurplan kan ons die presisiestrooiing van bioomgepaste inheemse gemengde gras- en peulplantsaadpakkette, en in die algemeen enige dekbesaaiing wat nodig is, uitvoer.
Oor ons
Air Agri® is ’n geregistreerde handelsmerknaam wat sinoniem is met voorkeur-hommelkontrakteringsdienste in Suid-Afrika.
Ons span
Ant Walther
Ant Walther
John Fleming
John Fleming
Brent Walther
Brent Walther
Ryan Franks
Ryan Franks
’n Span bestaan uit die volgende:
4×4-dubbelkajuit met spesiale houers
Doelgeboude twee-hommeltuig-sleepwa
2 x vlieëniers
1 x assistent
2 x T50 DJI AGRAS-hommels
2 x DJI 12000 IEP-kragopwekkers
1 x 1 000 liter-watertenk
2 x 500 liter-chemikalieëmengtenks
1 x 25 liter-chemikalieëverspreidingstenk
Gereedskap, onderdele en veiligheidsitems.
Die groot 2 000 liter-kapasiteit maak dit moontlik vir die twee hommels om gelyktydig en ononderbroke te werk, met minimum hervultyd en maksimum bespuiting.
Die dubbele 500 liter-vorteksmengtenks stel ons in staat om verskillende chemikalieëmengsels gelyktydig en ononderbroke te spuit, wat dit onnodig maak om ’n tenk tydens bespuiting te spoel.
Ons het ekstra gereedskap en hommelonderdele byderhand vir veldherstelwerk deur ’n gesertifiseerde afstandsonderhoudtegnikus.
Alle chemikalieë en brandstof word in ’n spesiale houer vervoer om enige storting te verhoed.
Voldoening
Ons vlieëniers
Al ons vlieëniers is deur die SACAA en die Departement van Landbou gelisensieer en gesertifiseer om agrihommeldienste te verskaf. Kyk RPC- en PCO-sertifikate hier onder
Air Agri
Alle dienste word ingevolge Lugdienstelisensie nr. G1240D gelewer.
Die maatskappy beskik oor derdeparty-/openbare-aanspreeklikheid-versekering van R5–000–000 (vyf miljoen rand) per span, wat ’n wetlike vereiste is om kommersiële agrihommeldienste te lewer.
Let op die vier groot V’s
Dit is ook die kliënt se Verantwoordelikheid om te Verseker dat die hommelkontrakteur aan al die wetlike Vereistes Voldoen om kommersiële lugdienste te mag verskaf, anders sal die kliënt moontlik die gevolge van enige katastrofe moet dra, wat ‘n swaar strafregtelike sanksie van 10 jaar tronkstraf of ‘n boete van R50*000 of albei mag behels.
Ons vlieëniers
Al ons vlieëniers is deur die SACAA en die Departement van Landbou gelisensieer en gesertifiseer om agrihommeldienste te verskaf. Kyk RPC- en PCO-sertifikate hier onder
Air Agri
Alle dienste word ingevolge Lugdienstelisensie nr. G1240D gelewer.
Die maatskappy beskik oor derdeparty-/openbare-aanspreeklikheid-versekering van R5–000–000 (vyf miljoen rand) per span, wat ‘n wetlike vereiste is om kommersiële agrihommeldienste te lewer.
Let op die vier groot V’s
Dit is ook die kliënt se Verantwoordelikheid om te Verseker dat die hommelkontrakteur aan al die wetlike Vereistes Voldoen om kommersiële lugdienste te mag verskaf, anders sal die kliënt moontlik die gevolge van enige katastrofe moet dra, wat ’n swaar strafregtelike sanksie van 10 jaar tronkstraf of ‘n boete van R50*000 of albei mag behels.
Galery
Kontak ons | Air Agri
Hoofkantoor en admin
Anthony – 083 628 1248
Brent – 065 884 5791
admin@airagri.co.za
Redbourne 16, Town Bush-weg 670, Oak Park, Pietermaritzburg 3201


