STROOIING

Die strooi van alle landboukundige droë stowwe tot 5 mm in deursnee.

BESPUITING

Die spuit van alle landboukundige vloeistofmengsels.

SAAI

Die saai van alle grassoorte en dekgewasse.

Ons

Is gelisensieer en gesertifiseer met die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) en die Departement van Landbou.

Bedryf ons operasies kragtens ’n Lugdienstelisensie.

Is derdepartyversekerd (Openbare aanspreeklikheid) vir

R5 000 000 per span.

Is werkgewers van gelisensieerde vlieëniers wat ervare en opgelei is in die korrekte mengverhoudings en toedieningskoerse van chemikalieë.

Ons onderneem ons eie basies hommeltuiginstandhouding met ’n interne gekwalifiseerde afstandsonderhoudtegnikus.

Ons dienste

We provide Agri Drone Services for all types of row crops and cover crops.

Gewasse en boorde

Ons bied agrihommeldienste vir alle soorte rygewasse, dekgewasse en boorde.

We provide Agri Drone Services for all types of row crops and cover crops.

Bosbou

Ervare in alle bosboubespuitingstoepassings, insluitend oor volgroeide bome.

Experienced in Spraying (Herbicides) and Spreading (Korrels) for vegetation management of all invasive and encroachment species.

Plantegroeibestuur

Ervare in bespuiting (onkruiddoders) en strooiing (korrels) vir die bestuur van alle indringer- en oorskrydingspesies.

air agri double rigs

Voordele

Ons gebruik spesiaal ontwerpte dubbeltenkmasjiene met die nuutste toerusting vir doeltreffendheid en maksimum dekking.

Koste-effektiewe tariewe.

Toegewyde gebiedsgebaseerde beskikbaarheid.

Presisietoediening verlaag insette en plaagdoder-maksimumresvlakke.

Geen gewasbeskadiging of grondverdigting nie, met gevolglike hoër opbrengste.

Maksimale gewasindringing met behulp van DJI-tegnologie.

Alle-terrein-vermoë.

Geen siekteoordrag binne gewasse nie.

Dag- en nag-operasies.

Na gelang van toestande kan ’n span ongeveer 200 hektaar per dag dek.

Meer ekovriendelik vanweë minder chemiese afloping.

Dataverslae word voorsien met hektare gevlieg, volumes toegedien, vliegbane, duur, ens., alles op ’n lugfotobeeld oorlê en uit DJI Smart Farm onttrek.

Vermy gewasvernieling en verdigting!

  • In die verlede was gewasverliese weens vernieling deur balkspuite en hoë masjiene op wiele ’n aanvaarde norm en standaardlandboupraktyk. Maar nou is daar ‘n alternatief met Air Agri Hommeldienste.
  • Hou jou geld in die bank en vermy ook die bedryfskostes, wat in sigself reeds vir die hektaarkoste van ons hommeldienste sal betaal.
  • Jy mag dalk wel ’n opbrengsvoordeel van 10% tot 15% kan behaal deur ’n swamdoder toe te dien, maar dit dan net weer weens wielvernieling en verdigting en verwante insetkostes verloor.
  • Bewysgebaseerde navorsing het getoon dat die gebruik van agrihommeldienste jou oesopbrengs met 8% tot 18% kan verhoog.

Lees verder oor grondverdigting (artikel in Engels)

En DIT is SLIMBOERDERY!

We provide Agri Drone Services for all types of row crops and cover crops.

Gewasse en boorde

Ons bied agrihommeldienste vir alle soorte ry- en dekgewasse.

Presisie-sirkelbespuiting van boordbome om misblasers te komplementeer.

Presisie-blaarakkurate spuit van alle vloeistowwe, soos onkruiddoders, plaagdoders, swamdoders, bakteriedoders, blaarvoedingstowwe, rypmaakmiddels, ens.

Presisiestrooiing van enige droë stowwe tot 5 mm-deursnee, soos bemestingstowwe, ureum, korrelgifstowwe, aasmiddels, voordelige mikroörganismes, sade, ens.

We provide Agri Drone Services for all types of row crops and cover crops.

Bosbou

Ons toerusting, hommels en spanne is volgens die strengste standaarde deur ‘n top bosboumaatskappy goedgekeur en gesertifiseer.

Ervare in alle bosboubespuitingstoepassings, insluitend oor volgroeide bome.

Vertroud met houtteelt-/bosboukultuurprosesse en -veiligheidsprotokolle.

We provide Agri Drone Services for all types of row crops and cover crops.

Plantegroeibestuur

Ervare in spuit (onkruiddoders) en strooiing (korrels) vir die plantegroeibestuur van alle indringer- en oorskrydingspesies.

In samewerking met ons geassosieerde besighede kan jy geadviseer word deur deskundige leiers in ons bedryf en voorsien word van ’n meerjarige veldbestuursplan vir grondherwinning, -rehabilitasie en -hersteldoeleindes.

In die herstelfases van jou veldbestuurplan kan ons die presisiestrooiing van bioomgepaste inheemse gemengde gras- en peulplantsaadpakkette, en in die algemeen enige dekbesaaiing wat nodig is, uitvoer.

Oor ons

Agricultural drone services

Air Agri® is ’n geregistreerde handelsmerknaam wat sinoniem is met voorkeur-hommelkontrakteringsdienste in Suid-Afrika.

Ons span

Ant Walther

Direkteur
7

Ant Walther

Direkteur van die maatskappy en ’n senior prokureur met ondervinding in handelsreg. Hy is verantwoordelik vir wetlike nakoming, administrasie en kliënteskakeling.

John Fleming

Direkteur
7

John Fleming

Direkteur van die maatskappy, ’n gesoute sakeman en reeksentrepreneur met omvangryke ondervinding. Hy is verantwoordelik vir operasies, bemarking en kliënteskakeling.

Brent Walther

Direkteur en vlieënier
7

Brent Walther

Direkteur en eerste gelisensieerde vlieënier van die maatskappy, met ondervinding in vliegoperasies oor gewasse, bosbouplantasies en bosgebiede.

Ryan Franks

Vlieënier
7

Ryan Franks

’n Gelisensieerde vlieënier wat onlangs by die maatskappy aangesluit het, met ondervinding in vliegoperasies oor gewasse, bosbouplantasies en bosgebiede.

’n Span bestaan uit die volgende:

4×4-dubbelkajuit met spesiale houers

Doelgeboude twee-hommeltuig-sleepwa

2 x vlieëniers

1 x assistent

2 x T50 DJI AGRAS-hommels

2 x DJI 12000 IEP-kragopwekkers

1 x 1 000 liter-watertenk

2 x 500 liter-chemikalieëmengtenks

1 x 25 liter-chemikalieëverspreidingstenk

Gereedskap, onderdele en veiligheidsitems.

Die groot 2 000 liter-kapasiteit maak dit moontlik vir die twee hommels om gelyktydig en ononderbroke te werk, met minimum hervultyd en maksimum bespuiting.

Die dubbele 500 liter-vorteksmengtenks stel ons in staat om verskillende chemikalieëmengsels gelyktydig en ononderbroke te spuit, wat dit onnodig maak om ’n tenk tydens bespuiting te spoel.

Ons het ekstra gereedskap en hommelonderdele byderhand vir veldherstelwerk deur ’n gesertifiseerde afstandsonderhoudtegnikus.

Alle chemikalieë en brandstof word in ’n spesiale houer vervoer om enige storting te verhoed.

air agri double rigs

Voldoening

Agricultural drone services
Agricultural drone services
Agricultural drone services

Ons vlieëniers

Al ons vlieëniers is deur die SACAA en die Departement van Landbou gelisensieer en gesertifiseer om agrihommeldienste te verskaf. Kyk RPC- en PCO-sertifikate hier onder

Air Agri

Alle dienste word ingevolge Lugdienstelisensie nr. G1240D gelewer.

Die maatskappy beskik oor derdeparty-/openbare-aanspreeklikheid-versekering van R5000000 (vyf miljoen rand) per span, wat ’n wetlike vereiste is om kommersiële agrihommeldienste te lewer.

Let op die vier groot V’s

Dit is ook die kliënt se Verantwoordelikheid om te Verseker dat die hommelkontrakteur aan al die wetlike Vereistes Voldoen om kommersiële lugdienste te mag verskaf, anders sal die kliënt moontlik die gevolge van enige katastrofe moet dra, wat ‘n swaar strafregtelike sanksie van 10 jaar tronkstraf of ‘n boete van R50*000 of albei mag behels.

Agricultural drone services

Ons vlieëniers

Al ons vlieëniers is deur die SACAA en die Departement van Landbou gelisensieer en gesertifiseer om agrihommeldienste te verskaf. Kyk RPC- en PCO-sertifikate hier onder

Agricultural drone services

Air Agri

Alle dienste word ingevolge Lugdienstelisensie nr. G1240D gelewer.

Die maatskappy beskik oor derdeparty-/openbare-aanspreeklikheid-versekering van R5000000 (vyf miljoen rand) per span, wat ‘n wetlike vereiste is om kommersiële agrihommeldienste te lewer.

Agricultural drone services

Let op die vier groot V’s

Dit is ook die kliënt se Verantwoordelikheid om te Verseker dat die hommelkontrakteur aan al die wetlike Vereistes Voldoen om kommersiële lugdienste te mag verskaf, anders sal die kliënt moontlik die gevolge van enige katastrofe moet dra, wat ’n swaar strafregtelike sanksie van 10 jaar tronkstraf of ‘n boete van R50*000 of albei mag behels.

Galery

Kontak ons | Air Agri

Hoofkantoor en admin

Anthony – 083 628 1248

Brent – 065 884 5791

admin@airagri.co.za

Redbourne 16, Town Bush-weg 670, Oak Park, Pietermaritzburg 3201

Operasies en bemarking

John – 083 301 7144

admin@airagri.co.za

Vrede Marina North,
Marina Drive, Vrede

Agricultural drone services